DOWWE DOLLA: BETAAL BELASTING (2015) - R100
Met die dat sommige mense deesdae betaal om na Dolla se praatjies te kom luister, kom sy met ‘n skok agter dat sy vir die eerste keer in haar lewe ‘n belastingopgawe sal moet indien. Dis ‘n ingewikkelde en senutergende proses en Dolla besluit om die hulp in te roep van eksperts op die gebied soos Kenny Kunene, Arthur Brown en Kotie se consultant Rashid van die Vlakte. Sy leer ongelooflik nuttige nuwe inligting soos wanneer die beste tyd is om deur restaurante en ryk mense se rubbishbins te snuffel op soek na kontantstrokies wat mens kan eis, asook hoe om die eekhorings in jou tuin afhanklikes te maak.
Sy besluit ook om navorsing te doen oor wie eintlik in charge is van die geld wat sy betaal en maak ‘n dinner date met die ambassadeur van China. Dolla vat die gehoor weereens op ‘n roller coaster rit wat elke nou en dan dreig om te ontspoor... want net soos brandewyn, het belasting nie brieke nie.